     
=====================================================================
Superman van Imagery (AV 3:4)
=====================================================================
 
Inhoudsoorsig 	
  

Superman van Imagery

Deur Peter Snyders,   digter en skrywer, oor wie onlangs 'n dokumentr op televisie gebeeldsaai is. 

Assit na taalpraatjies toe kom, dan dink ek an die Superman van Imagery. Gediggies Dirk, 'n ou wat glo wiet hoe tale wk, s dat Superman 'n bewiegende linguistiek masjien is. As Superman praat, kom ons ammil laat, want hy, allien, kan onner ons, taal soe spontaneously skep, amper soes Audy Murphy met 'n taal gun. 

"Waa kom djy an al di tongklappe van jou?" wou Gediggies Dirk van Superman wiet.
 "Ek wietie," s Superman met 'n 'no claim to fame' toun. "Dit kom yt niks."
 "Hoe kan iets yt niks ytkom?"
 Superman remaaind ons toe van een van Ghoeroe se sgoed: "Hou op met dink en alle regte gedagtes sal vanself ytkom."
 "Nie wat," s Dirk, "ek wiet nog g'n sout of water hoe djy dit regkry nie."
 "Wies net jouself -- met 'n bietjie van my ingegooi," maak Superman vir Dirk met sy gewone oubul/jongbul attitude vol. 

Ek maak my maaind toe blenk soes Ghoeroe ons geleeret. Skielik yrie niks kommie dae toe ek en Superman in Sub A en B en Stannerd Een was in my gedagte. Een kwaai kaart na 'n anner begin hom vinnig in my gedagtes ytspeel. 

Die teacher vra virie Superman van Imagery om oom te spel. 

Hy sak toe af: "Rne bolla, rne bolla, mmm." 

Onset ammil Kaaps byrie hys gepraat, maarie skole daai tyd was ammil Engelsmedium. Maarie natuur stiek nie sy realities weg nie. Dan wassaarie keer toe onse Superman van Imagery gevra is om school te spel. Hy maak toe yt: "Slangetjie, krulletjie, h, wieletjie, wieletjie, l." 

Ek kry 'n smaail op my daail as ekkie hele storie in 'n kits voor my sien van hoe Superman die wit teacher se nies an haar linkeroor introduce. Sy tieken 'n rowwe boem oppie swartbord. 

"Wat is dit?" vra sy vir Superman. 

Nou, dit is 'n image, en niemand kan vir onse Superman van Imagery 'n linke soen gie nie. Hy mien: "What you see, that is it!" Hy antwoord die teacher toe vol selfvertroue: "Dis 'n boem." 

"Nee. Dit is nie 'n boem nie, dis 'n boom. 

Superman krap sy kop. Afterall, hy's mossie dom gekom nie. Hy's dannie slimste innie klas met hierie vriemde taal. 

Die teacher gan haal toe 'n picture yt haa desk-laai yt. Sy wysit vir Superman. ~"Wat is dit?" vra sy, want k kry sy doubt oor haa drawing abilities. 

"Dis 'n boem." 

"Nee! Dit is nie 'n boem nie. Dit is 'n boom," s sy amper soes 'n fnbelt wat skwiek. 

Superman draai om en kyk na ons soesaai laaitie innie "I'd like toe be a pirate" edvertiesment. Superman, en ons, smaail briedt. Ons wiet mos ammil die teacher is verkeed. Onse oues, familie, vrinne ennie hele neighbourhood wiet mos daai's 'n boem wat sy wil vir ons k volmaak, is 'n boom. 

Sy vat hom an sy vlerk en sliep hom narie lae vensters wat ons daai tyd innie klaskames gehad het. Sy druk sy kop innie rigting van 'n liewende lywe boem innie playground. Soes 'n groot tongvis vra sy: "Wat is daardie ding met die stam en die takke en die blare?" 

"Dis 'n boem," hou Superman vol. 

"Dit is nie 'n boem nie! Dit is 'n BOOM!" s sy met 'n djy-moet-mal-wies-ytroepteken. 

Ons kry toe ammil daai usual gevoel dat as ons volgens die teacher nie haar soot waarheid vertel nie djy 'n soot van leuenaar is. "Snaaks," s Superman, in sy gebluste vuur van eerlikheid, "ekket altyd gedink dis 'n boem." 

Dan wassaar onse Moesliem tjommie, Gakkie, wat nou wel nie oppie gebied van imagery 'n prou was nie. Sy speciality was expressive language. Ommit sag te stel, as Gakkie byvoorbeeld s djy is 'n robbies, dan bedoel hy dit en op 'n slegte manier nogal. 

In Stannerd Een wassie eeste period altyd religious instruction. Die teacher het ydie Bybel stories gelies. Ons is mos nog innie Colonialist period toerie soegenaamde Westerse beskawing hom op ammil afgeforset. Die Moesliem kinners hettie hierin deelgeniem nie. Hulle was ges om met hulle kop oppie desk soetjies te l. 

Die teacher lies ons toe yrie Bybel van Danil wat in 'n leeukyl gegooi is. Toerie storie klaar is, vrarie teacher vir Mary: "Mary, waht would you do if you were thrown into a lion's den?" 

"I'd fall on my knees and pray," s Mary, koerek. 

"And Callas, what would you do if you were thrown into a lion's den?" 

Die Superman van Imagery trek toe weg spantaneously innie taal wat hy bes ken: "Ek sourie Here vra om pyltjies innie leeus se bek te skiet. Soe kannie leeus my nie opvriet nie soos ons hond doen met my pa se boeke wat innie pos kom." 

'n Bietjie verdwaald srie teacher dat dit 'n ... 'n taamlike goeie antwoord is. 

Maa toe druk sy op Gakkie se nommer. Nou as ek trug dink, mien ek dat daai adopt-a-Moslem scheme van haar 'n bietjie uncalled for was. "Gakkie?" vra sy. 

Gakkie skrik skielik wakker yt sy eie persoonlike droemwreld: "H?" 

"Wat sal jy doen as jy in 'n hok val leeus gegooi is?" 

Sonnerom te aarsel, s Gakkie: "Oe, ek kak my vol, en djy?" 

Die teacher het nie haa claim to fame verwoord nie. Maa sy was ver voor vir haa tyd. Sy't gewiet dat resitasies -- daai ding van gedwonge gediggies leer sonner om te wiet waaroorit gan -- meer interessant gemaak moet word. Sy't ons lat gediggies maak met onse name. 

Ees was Joanie aanie woord. 

My name is Joanie
I feel so lonely
The boys call me
Joanie, poney, penny, polony. 

En toe'sit my turn. Ek is mos maar 'n raap en skraap poet, soes julle ammil wiet. Op my beste is ek 'n soot letterkundige kansvatter. Soe here goes: 

My name is Klaain
As djy Klein s issit 'n kraaim
Want dan bgher djy op my maaind. 

Nou ek soe trug dink, kan ek verstaan hoekom niemand gekloppet offie teacher 'n koement gemaaket nie. Daai poetry van my was mos soes slym wat op slym groei. 

Toe issit wee Callas, die master van imagery, se kans. 
My naam is Callas
Ek staan op Cape Agulhas
Die water spoel tot by my knie. 

Callas gan toe mak na sy desk en sit. Ammil is verdwaas. Met daai laaste lyn het Callas, die Superman van Imagery, brinkmanship bieter as Buthelezi, volmaak. 

"Maar Callas," verniem die teacher, "daardie laaste rel rym mos nie met die ander nie." 

"Nie, teacher sien," traai Callas om sy vinnig dink te eksplein, "dit was low tide." 

Terug na bo 	  	

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av349.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) Stigting vir Afrikaans 1999 	Blaai terug | Blaai om 	
. 

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1996 /// Gooi weg die vark in die sak! (AV 3:4) /// Kinders dink nuut vir Afrikaans (AV 3:4) /// Bande met ons naaste taalfamilie (AV 3:4) /// Die demografie van Afrikaans (AV 3:4) /// Verre vriend moet gou s of hy belang stel (AV 3:4) /// Afrikaanse vordering in Pole (AV 3:4) /// Afrikaans moet ritme h vir Xhosa leerders (AV 3:4) /// Taalplan Taakgroep: hoe ver is ons nou? (AV 3:4) /// Superman van Imagery (AV 3:4) /// 